News

Loskop marathon reëlings gaan intussen voort

Reëlings gaan voort vir die Loskop marathon tussen Middelburg en Loskopdam op 18 April.

Wedloop organiseerder, Hein Koch, het vanoggend bevestig dat die wedloop nie afgestel is nie, nadat die Twee Oseane wedloop in die Kaap gesneuwel het, weens die koronavirus.

Koch sê hy gaan nog met die hoofborg, Forever Resorts, se Kobus Tait, samesprekings voer, maar omdat die wedloop na die skoolvakansie plaasvind en na die maand beperking wat die staatspresident Sondagaand aangekondig het, gaan hulle intussen voort met die reëlings.

Daar het 4 327 drawwers vir die vyftig kilometer Loskop ingeskryf en 1 711 vir die halfmarathon.

Die Loskop is naas die jaarlikse treinwedloop die grootste gebeurtenis jaarliks op Middelburg se kalender.

Ondernemings wat waterpunte beman, het reeds verlede week hulle finale vergadering gehou met wedlooporganiseerders en duisende rande spandeer om reg te wees vir wedloopdag

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button