News

Oorde, lodges, verwag korona knou maar sê besigheid gaan aan

Middelburg is ’n toerisme mekka wat op sy knieë gedwing kan word met die koronavirus en die noodtoestand wat Sondag deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is.

Www.mobserver.co.za het met die dorp se grootste toeriste aantreklikhede gepraat oor die invloed van die aankondiging.

• Die jaarlikse Loskop Marathon gaan voorlopig voort, maar Forever Oorde se uitvoerende direkteur, mnr. Kobus Tait, sê dat die beperking van 100 mense of minder vir byeenkomste ’n reuse impak op die marathon kan hê.

Hy sê nie net vir Forever Loskopdam nie, “maar die hele Middelburg waar gastehuise en hotelle reeds volgeboek is vir die marathon”.

Derduisende mense kom by die marathon se eindpunt bymekaar, terwyl honderde atlete ook aan die korter Wild Challenge deelneem.
Die Two Oceans marathon is af en selfs die Comrades Marathon is in gedrang.

“Die atlete wat nog nie gekwalifiseer het nie, gaan moontlik ’n probleem hê,” sê mnr. Tate.

Uiteraard word Loskopdam se Forever oord ook negatief beïnvloed met die president se versoek dat binnelandse toerisme ook vir eers gestaak moet word.

“Ons sal later die week beslis die nodige aankondigings maak,” sê hy.

• Pienaardam se Venessa van Niekerk sê tans is daar maatreëls wat behels dat almal wat die oord ingaan eers deeglik by die hek ontsmet sal word deur hulle hande te was.

Die oord se gewilde Bruidskou in April gaan voorlopig nog aan, terwyl se ander groot gebeurlikhede soos die landbouskou eers veel later vanjaar plaasvind.
Geen gaste sal weg gewys word by Pienaardam nie.

Sy glo as almal verantwoordelikheid vir hulself neem, en nie toerisme plekke soos Pienaardam besoek wanneer hulle siek voel nie, die uitbreking onder beheer gehou sal word.

• De Voetpadkloof se Koos Kleinsmith sê dat daar by elke ingang en toonbank by die oord ontsmettingsmiddels is en dat borde ook aangebring is om van besoekers te vereis om by die oord se voorkomingsmaatreëls te hou.

Die oord is egter oop en dinge gaan aan soos normaal. “Ons verwag kansellasies en ek weet dat die toersimebedryf ’n knou gaan kry,” sê mnr. Kleinsmith.

“Die gemeenskap moet nou self verantwoordelikheid neem,” beaam mnr. Kleinsmith die ander se sentimente en las by dat “as jy siek voel bly tuis en word gesond”.

• Die plaaslike Kamer van Koophandel en Industrie se uitvoerende hoof, me. Anna-Marth Ott, wat ook aan die hoof staan van die Middelburg Toerismesentrum, sê dat hulle al ’n maand gelede planne ingestel het deur alle konsultante met ontsmettingsmiddels te voorsien, wat besoekers ook sal moet gebruik.

Sy sê dat die beperkings ’n wesenlike invloed op die dorp se toerisme bedryf gaan hê, maar glo dat diegene wat siek voel, hul kontak self met ander sal beperk.

“Ons is tans bekommerd oor Meimaand se Toerisme Indaba waarvoor plaaslike maatskappy reeds derduisende op spandeer het.

“As die indaba afgestel word, gaan daar verliese in die miljoene wees,” sê me. Ott.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button