Boesman, Jakkals en Skim laasnag vergiftig
Daar is laasnag drie honde in Jack Hindonstraat (Vaalbank) vergiftig.

Die Kies gesin se swart labrador, Boesman, en die Calitz familie se twee honde, ’n swart kolliehond Jakkals en hul bruin kolliehond, Skim, is deur die loop van die nag vergiftig.

Omstreeks 01:45 het die bure gehoor al die honde gaan tekere en na buite gekyk, maar niks gesien nie.
Boesman het omstreeks 03:30 gevrek.
’n Hartseer mnr. Frik Calitz sê hy het omstreeks 05:00 sy honde gevind. “Jakkals kom altyd in die oggende en sit sy pote op my skoot en sy kop teen my bors. Hulle het egter nie gekom toe ek roep nie en ek het hulle kort daarna gevind.”

Die vermoede bestaan dat die booswigte agter motorfietse in een van die erwe aan was. Daar is egter niks gesteel tydens die vergiftigings nie.
