News

Bejaarde deur sekuriteit aangerand

’n Bejaarde man sê hy is te bang om terug te gaan na die Middelburg Hospitaal vir behandeling, nadat hy deur drie sekuriteitswagte aangerand is.

“Ek het dit nie eers gaan aanmeld by die hospitaalbestuur nie, want die drie sekuriteitswagte het vir my gesê dis hulle woord teen myne,” het ’n emosionele mnr. Johan Coetzee (66) Woensdagmiddag gesê.

Mnr. Coetzee het die afgelope drie jaar erge misdaadvoorvalle oorleef en die aanranding by die hospitaal was vir hom die laaste strooi. Terwyl die trane oor sy wange loop, vertel mnr. Coetzee dat hy vreesbevange is na wat gebeur het. Hy kry nou sy medikasie by ’n apteek.

Hy en sy vrou, Anet, bly by hul dogter in Brits, maar kuier die afgelope paar weke by hul seun, Tinus, in Middelburg.

Lees ook: Vrou se bedsere vrot

Hulle is Sondag omstreeks 10:00 na die Middelburg Hospitaal nadat mnr. Coetzee sleg begin voel het. Sy bloeddruk is by Ongevalle geneem. Daar is vir hom drie pilletjies gegee en gesê hy moet wag vir die dokter.

Hy het laatmiddag vir die dokter gevra of hy nie gou huis toe kan gaan om iets te eet nie, maar daar is vir hom gesê hy moet wag, want hy word opgeneem.

Kort voor 18:00 is hy na die manssaal geneem. Me. Coetzee sê sy het vir hom gesê sy gaan gou na haar seun se woonstel stap, wat drie blokke van die hospitaal af is, om vir hom nagklere en iets te ete te kry.

Mnr. Coetzee het toe dit donker word, bekommerd oor sy vrou geword en deur die parkering tot by die teerpad geloop.

’n Sekuriteitswag het met ’n flits na hom toe aangestap gekom en hom vasgegryp. Volgens mnr. Coetzee het hy geskrik en kalm probeer verduidelik dat hy net wag vir sy vrou.

Die beserings wat mnr. Johan Coetzee opgedoen het.

Hy sê twee ander sekuriteitswagte het hom ook beetgekry en gesê die dokter soek na hom.

“Hulle het my hande agter my rug vasgedruk en my grond toe gedwing, dat ek op my knieë moes staan met my gesig na onder. Ek het gepleit om my nie seer te maak nie. Hulle het nie vir my geluister nie. Ek het aanmekaar gevra: ‘help my asseblief’, maar hulle het my agterop ’n bakkie geboender.”

By die manssaal het die een sekuriteitswag nog die bloed van sy hande (van die stukkende plekke op mnr. Coetzee se arm) afgeskud, voor hy mnr. Coetzee aan die saalsuster oorhandig het.

Lees ook: Opvolg: Verslag wys skokkende wonde

Die saalsuster was omgekrap toe sy hoor wat met hom gebeur het en onderneem dat sy dit aan die hospitaalbestuur sal rapporteer. Sy het ook mnr. Coetzee se wonde verbind.

•Mnr. Dumisani Malamule (Woordvoerder, Mpumalanga Departement van Gesondheid) het by navraag aan mnr. Modise Maake (hoof uitvoerende beampte, Middelburg Hospitaal) gesê dat hulle nie van die voorval weet nie.

“Ons kan egter nie maak asof dit nie gebeur het nie. Die sekuriteit is al voorheen ingeroep en geleer hoe om met die publiek te werk.”

Hy het die egpaar se kontakbesonderhede gevra en gesê dat dit beslis ondersoek sal word.

•Lees ook in hierdie week se Middelburg Observer oor die hofsaak nadat mev. Bets Claassen in die hospitaal “doodgemartel” is.

•Daar is ook ’n berig oor bejaardes wat gedwing word om buite die hospitaal te stop en na binne te stap al is hulle dodelik siek.

 

Meer stories oor die Middelburg Hospitaal:

Opvolg: Menseregtekommisie gryp in

Horror ordeal at Hospital – ‘They tied me to the bed’

Bedsere weens pasiëntsorg

Opvolg: Bets – die statige ouma skou

Vrou lankal dood – Verpleegster sê: ‘vital signs are good’

Vrou deurtrek van bedsere

Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button