News

Dief sluip in huis rond terwyl vrou kinders bad

’n Dief het gister in ’n huis in Apiesstraat (Aerorand, Middelburg) in ’n huis ingesluip en duisende rande se juwele gesteel, terwyl ’n vrou besig was om drie kinders te bad.

Kort nadat Mid Alarms reaksielede, Shane van Rooyen en Louis Zietsman, ’n verdagte gearresteer het met ’n sak vol duur juwele en selfone, het hy hulle na die huis geneem waar artikels gesteel is. Hy is gevang op die perseel by Stywe Lyne nadat hulle hom die hele dag rondgejaag het.

Die oomblik toe hulle voor die huis stop, het hy vir die reaksielede gesê “die huismense is in die huis, want hulle was daar toe hy die artikels gesteel het”.

Die reaksielede het met die vrou gepraat en het sy op daardie stadium nie eers geweet haar is juwele weg nie. Eers toe sy na die kamer toe gaan, het sy gesien dat die hele juwelekassie, wat op die spieëltafel gestaan het, gesteel is, asook ander horlosies uit ’n laai uit.

Hulle het ook voetspore gekry van ’n dief se skoene in die gang en kamer

Sy het vertel dat sy besig was om die twee kleuters en babas te bad en glad nie geweet het daar is ingebreek nie.

Toegang tot die huis is verkry deur die skuifdeur se slot deur ’n klein, oop venstertjie, oop te maak en die deur oop te skuif.

Die drama het al vroeër die dag begin toe ’n verdagte, wat dieselfde persoon se beskrywing pas, in ’n ander erf in Louws Creek opgemerk is.
Mid Alarms se reaksielede is uit, maar hy het hulle ontglip deur oor mure te spring.

Nog later is hy weer opgemerk in ’n erf in Apiesstraat, maar het weer weggehol in die Midwater Sentrum se rigting. ’n Rukkie later is ’n man vasgetrek op die perseel by Stywe Lyne waar hy ’n bekentenis gemaak het.

•Die waarde van die juwele wat by hom gekry is, wat onder andere Guess en Diesel horlosies ingesluit het, word op sowat R40 000 geraam.

•Daar is vir www.mobserver.co.za gesê dat Mid Alarms dieselfde verdagte sowat drie maande gelede in Eugene Maraisstraat (Gholfsig) gearresteer het na ’n inbraak.

•Op hierdie stadium is die verdagte se naam nog nie bekend nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button