News

Groot hengelkompetisie inderhaas afgestel

Die Hervormde Kerk van Marble Hall se 21ste Loskop Kurper Bonanza wat op 28 Maart by Forever Resort Loskopdam sou plaasvind is inderhaas gisteroggend afgelas, nadat organiseerders nog die vorige dag aangekondig het die kompetisie gaan voort.

Dit is ‘n fondsinsamelingsprojek vir liefdadigheid.

President Cyril Ramaphosa het Sondag ‘n nasionale ramptoestand verklaar, wat die organiseerders van die Loskop Kurper Bonanza egter laat besluit dat hul die boot- en oewerhengel kompetisie sal moet kanselleer.

Die organiseerders het sekere vereistes ontvang waaraan voldoen moet word, wat die beperking van getalle by die inskrywingstafels asook die kapteinsvergadering insluit, indien hul sou wou voortgaan met die kompetisie.

Die risiko wat daarmee saamgaan is egter te groot en het die organiseerders gedwing om die kompetisie te kanselleer.

Vir enige navrae kontak Eppie du Plessis by 082 674 3420 of Johan Pieterse by 072 295 0610.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button