News

’n Deur-ry toetsstasie vir die koronavirus

Middelburg was nog altyd bekend vir sy deur-ry inisiatiewe. Daar is deur-ry melkwinkels, drankwinkels en selfs ’n deur-ry waar jy die Middelburg Observer kan koop.

En nou is daar ’n deur-ry toetsstasie, waar jy jouself kan laat toets vir die koronavirus.

Dr Redge van Rensburg sê die toetsstasie is in Joubertstraat, waar die ou ingang na Life Midmed Hospitaal was.

Twee laboratoriums, Lancet en Ampath is beide in die omgewing, en die aangewysde laaisone gaan die nuwe deur-ry wees.

Mense wat gebruik wil maak van die toetsstasie, sal eers ’n verwysingsnommer vanaf ’n dokter moet hê voor hulle deur die toetsstasie bedien kan word.

Daar sal dan iemand na jou kar toe gestuur word, waar hulle toetse doen, en die persoon sal hulle uitslae telefonies ontvang van hulle dokter af.

Dr van Rensburg het verduidelik dat die deur-ry toetsstasie sal help om verspreiding van die virus te voorkom, deur kontak tussen mense te verminder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button