News

Gesoekte Francois Pretorius was juwelier op Middelburg

Francois Pretorius, die man wat deur die Bethal polisie gesoek word na ’n dubbele moord op ’n leraarspaar, was ’n bekende juwelier op Middelburg.

Www.mobserver.co.za het verneem dat mnr. Pretroius die eienaar was van Francois Pretorius Juwelierswinkel naby die Aerorand Postnet tot ’n jaar gelede.

Pretorius word gesoek vir ondervraging in verband met die dubbele moord op die Bethal Hervormde Kerk emiritus (afgetrede) leraar, dr. Hannes Beukes (70) en sy vrou, Ibel (67), Woensdag (18 Maart).

Volgens die polisie is hy “gevaarlik en moontlik gewapen”.

’n Motorfietsryer wat deur die veld op die hoek van Kieser- en Du Plooystraat naby die Bethaldam deurgery het, het die Beukes-egpaar se voertuig tussen die hoë grasse gevind en die Bethal Gemeenskapspolisiëringsforum in kennis gestel.

’n Motorfietsryer het die Beukes egpaar se voertuig tussen die lang gras gevind. FOTO: Wilma van Vuuren (ridgetimes.co.za).

Die polisie se provinsiale kantoor, by monde van brig. Leonard Hlati, het bevestig dat hulle vermoor is.

Kort daarna is Pretorius se gesig op noodgroepe geplaas en is bevestig dat soortgelyke artikels wat in Pretorius huis gevind is, uit die Beukes egpaar se huis gesteel is.

Me. Ibel Beukes en haar man, die bekende dr. Hannes Beukes, emiritus (afgetrede) leraarspaar van die Hervormde Kerk, Bethal, wat verlede week in die kattebak van hul voertuig naby die Bethaldam gevind is. Hulle is vermoor.

• Pretorius ry ’n silwer Volkswagen Polo, registrasie nommer JMB 980 MP en enige persoon wat moontlik inligting het oor waar hy hom bevind, word gevra om die ondersoekbeampte, adj. Nico Veldman, by 079 396 3652 te bel, of die Bethal GPF by 072 711 3410 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

Die polisie besig om die toneel deur te soek vir leidrade. FOTO: Wilma van Vuuren (ridgetimes.co.za).

•Mnr. Pretorius was vir etlike maande aan die stuur van die Francois Pretorius Juwelierswinkel op Middelburg. Sy vrou het op daardie stadium hul juwelierswinkel op Bethal hanteer en hy die winkel op Middelburg.

Me. Michelle Mortelmans was verras toe sy verneem dat daar foto’s van haar op die juwelierswinkel se Facebookblad is.
Sy is gevra om as model op te tree vir die “Verlief” Klerereeks en nie geweet waarvandaan die juwele gekom het nie.

Die foto’s van me. Michelle Mortelmans verskyn op die Facebookblad van Francois Pretorius Juweliers. Sy het as model opgetree vir die “Verlief” Klerereeks en nie geweet haar foto’s is op die juwelierswinkel se Facebookblad nie.

Me. Vicky du Plessis (van Verlief Klerereeks) sê sy het die Pretorius egpaar baie goed geken.

Haar kleremaakster was in daardie tyd (laat 2018) in Bethal en mnr. Pretorius het altyd vir haar die pakkies van daar af deurgebring.
Hy het ook goedgunstiglik van sy juwele beskikbaar gestel vir fotosessies.

Die Francois Pretorius Juweliers Facebookblad.

Sy was geskok toe sy hom herken op die foto’s wat op noodgroepe rondgestuur is en hom ’n “bot” persoon beskryf.

•Die onbeantwoorde vraag is waarom die leraarspaar vermoor is.

Groepredakteur Wilma van Vuuren van die Middelburg Observer se susterskoerant, The Ridge Times, was self op die toneel en het toestemming gegee dat foto’s van die toneel gepubliseer mag word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button