News

Twintigjarige kort voor middernag met messe beroof

Rowers het ’n twintigjarige jong man van agter af bekruip en met messe van sy beursie en selfoon beroof.

Jessie Bhyat het omstreeks 23:45 laasnag besluit om gou sigarette te gaan koop. Sy woonstel is naby die Janmy Vulstasie en hy was nie bang nie, aangesien dit doodstil in die straat was.

Op die hoek van Samora Machel- en Hoogstraat, het twee boosdoeners hom van agter af gegryp en messe teen sy keel gedruk. Hulle het sy selfoon en beursie self uit sy sakke gehaal en weer die nag in verdwyn.

Die geskokte jong man het gehardloop tot by sy ma, Maria van der Westhuizen, se huis daar naby en haar van die gebeure vertel.

“Ek het met hom geraas omdat hy so laat gestap het, maar hy het gesê alles het rustig gelyk en hy bly naby die vulstasie.”

Me. Van der Westhuizen het hom in haar kar gelaai en het hulle in die area rondgery om te kyk of hulle nie die rowers sien nie, maar kon hulle nie kry nie.

•Hul huishulp het haar vertel dat haar vriendin sowat ’n week gelede omstreeks 18:30 (kort voor donker) op bykans presies dieselfde manier in dieselfde omgewing beroof is. Tydens dié voorval het een booswig van voor af gekom en met haar ’n geselsie aangeknoop, waarna sy makker, wat agter ’n boom geskuil het, haar beetgekry en haar beroof het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button