News

Klippe reën op kar in protesaksie op Loskoppad

Klipgooiers wat deel uitgemaak het van die protesaksie Dinsdagoggend by Doornkop, het duisende rande se skade aan ’n voertuig aangerig.

Die motoris (wat verkies om anoniem te bly) sê hy het kort na vyf op die N11 (Loskoppad) in die rigting van Middelburg gery.

“Ek het hulle nie dadelik gesien nie, maar die volgende oomblik het die klippe my kar getref.”

Hy sê hy kon in die verte iets soos vlamme sien, maar nie die mense gesien wat sy Fiat met klippe gegooi het nie. “Toe ek oor die bult kom, is my kar gegooi.”

Buiten die vensters wat uitgegooi is, is die karspieëltjie ook beskadig.

In ’n poging om tussen die mense, wat op daardie stadium toe baie naby sy kar was, weg te kom, het hy op hulle afgejaag en het hulle geepad.
Eers toe dit lig word en by ’n veilige plek waar hy kon stop, kon hy presies kyk wat die skade op sy kar is.

Van die voertuig se pasassiersruite is uitgegooi, die voorruit is gekraak, ’n karspieëltjie is beskadig en op die bakwerk is ook duike waar klippe dit getref het.

Hy weet nie op hierdie stadium wat die totale omvang van die skade is nie, maar glo dit gaan duisende rande beloop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button