News

Inbrekers vat bakkie en gestrykte klere

Inbrekers het gister ’n huis in Bergrivierstraat (Aerorand) gestroop van alle waardevolle artikels, gestrykte klere en het ook die gesin se Ford Ranger bakkie gesteel.

Mnr. Bennie Verster het kort voor 16:00 by sy huis gekom en nie onraad vermoed nie, aangesien die palissadehek soos gewoonlik oopgegaan het.
Die oomblik toe hy uit sy voertuig klim, het hy besef daar is fout, want hul voordeur het oopgestaan.

 

“Die booswigte het mooi netjies, nadat hulle die hekmotor oopgebreek het, dit oorgeskuif sodat die hek met die hand oopgemaak kan word. Nadat hulle alles in my bakkie gelaai en uit die erf gery het, het hulle die hek weer toegemaak en dit terug gesit op outomaties sodat dit met die afstandbeheer kon werk!”

Die boewe het die voordeur oopgebreek met waarskynlik ’n koevoet en alles van waarde gevat. Van die artikels wat onder andere gesteel is, sluit in: twee televisies, Oakley sonbrille, al mnr. Verster se verloofde se juwele, hul horlosies en al die gestrykte klere in die spaarkamer.

Hulle het ook die bakkie se sleutels in die huis gekry en na die motorhuis gegaan, waar hulle die afstandbeheerstelsel van binne af gebreek en die deure oopforseer het.

Daarna het waarskynlik hul buit gelaai in mnr. Verster se Ford Ranger (registrasienommer DCS756L). Wat uniek is aan sy bakkie, is dat sy dogter se verjaardagdatum, 2010-05-03 op die kant van die bakkie gesien kan word. Die bakkie het ook uitsonderlike sierwiele op en is gelig.

Hy sê dat hy net voor 16:00 die polisie gebel het, maar toe hulle teen 18:30 nog nie by sy huis was nie, self polisiestasie toe gery het.

•Hulle het kort voor 20:00 by sy huis aangekom en verskoning gemaak omdat hulle so laat eers kon kom, aangesien daar nie voertuie beskikbaar was nie as gevolg van die betogings gister by Doornkop.

•Die opsporingstelsel se sein is gisteraand 21:00 in Nelspruit nog opgemerk, maar daarna kon dit nog nie weer opgespoor word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button