News

Dokters bekommerd oor inwoners se houding

Middelburgse dokters is uiters bekommerd oor ons dorp se houding oor die 21 dae afsonderingsperiode.

Middelburgers moet wakker word en begin besef hoe ernstig die Covid 19 virus is!

Die woorde van talle dokters (wat anoniem wil bly) in ons dorp wat bekommerd is oor mense wat nie die erns van die Coronavirus besef nie.

Van die dokters het op pad werk toe vanoggend gesien hoeveel mense rondgery en in die strate rondgedwaal het.

“As hulle dit nie ernstig opneem nie, gaan derduisende mense doodgaan! Mense besef nie dat net één persoon 3 500 kan aansteek nie! Voor die einde van Aprilmaand kan 60% van Suid-Afrika se mense die virus hê!”

’n Ander dokter het uitdruklik gesê dat “dokters en hospitale nie die virus gaan wen nie. Ons kan nie duisende siek mense hanteer nie. Die onus rus op inwoners en die res van Suid-Afrika om nou te luister en isolaie te bly. Moenie jou huis verlaat tensy dit nie doodnoodsaaklik is nie!”

Hulle is almal dit eens dat ons as mense hulle nie nou steur aan die erns van die pandemie nie, dat hierdie 21 dae afsondering moontlik herhaal sal moet word. “Dit watter invloed dit op ons ekonomie gaan hê!”

Die dokters voel dat dit nie noodsaaklik is dat alle mense maskers en handskoene hoef te dra nie. “Hou by die reëls, as jy siekerig is, hoes in jou elmboog met ’n sneesdoekie daarin en gooi dit weg. Dra beslis ’n masker as jy siek is. Was jou hande gereeld! en bly weg van die mense! Hou op om in kruidenierswinkels rond te kuier en in lang rye te staan, so dra jy die virus oor van persoon tot persoon.”

Wat vir almal die belangrikste is, is die feit dat mense hulself moet isoleer.

“As mense nie luister nie, gaan dieselfde gebeur as wat in Italië aan die gebeur is. Dit gaan buite beheer raak. Middelburg asseblief, die afwaartse kurwe kan net begin as mense hulle afsonder soos die president gevra het. Dit begin by jou!”

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button