News
Hael hou mense uit strate
’n Haelstorm met hael so groot soos gholfballe, het gesorg dat talle Middelburgers na die veiligheid van hul huise moes jaag en hardloop.

Die Middelburg Observer se kantore het ook deurgeloop en het ’n joernalis in die gebou gestaan toe die haelkorrels kantoor vir kantoor se vensters uitgeslaan het.
Verskeie inwoners het ook laat weet dat hulle haelskade op hul karre en aan huise se dakke en vensters het en die haweloses by die Kees Taljaard Stadion moes skarrel om in die tente te kom.
Letterlik hordes foto’s is onvang van die grootte van die hael.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
