News

‘Hou veilige afstand van mense af’ – Ongevalle dokter

Mense het gister op Facebook gekla omdat dr. John Welsh nie ’n gesigmasker gedra het tydens sy onderhoud met www.mobserver.co.za nie.

Dr. Welsh is ’n ongevalle dokter by Middok 24/7 (Life Midmed Hospitaal se Ongevalle eenheid).

Hy het joernaliste deur die hospitaal geneem om te wys die hospitaal is gerat, sou hulle enige pasiënte kry wat ernstig siek is weens die Covid-19 virus.
Op mense se klagtes dat hy nie ’n masker gedra het nie, het hy gesê dat hy ten alle tye ’n veilige afstand van die joernaliste gehou het.

“Ons dra net maskers as ons met siek pasiënte werk, andersins is daar die hele tyd ’n veilige afstand tussen almal. Mense moet onthou, ’n masker beskerm jou nie teen die virus nie! Die aanbeveling is net dat jy ’n masker moet dra as jy siek is, om te voorkom dat jy nie mense aansteek nie.”

Dr. Welsh sê die virus word net aangesteek deur direkte kontak en sproei, tot op hede is daar nog nie bewyse dat dit in die lug versprei nie.

“Ek sê weer, hou ten minste ’n een en ’n half tot twee meter afstand tussen jou en ander mense en jy kan so verseker dat jy nie die virus opdoen nie.”
Hy het gemeld dat hy nie nou sê dat mense nié maskers moet dra nie.

“Hou by die munisipale reëls, maar as jy nie ’n persoon is wat moet werk in hierdie tyd nie, bly by die huis, soos die president weer gisteraand gevra het. Dit is al manier hoe jy verseker kan weet dat jy nié die virus kan opdoen nie.”

•Dr. Welsh het gesê dat hulle as dokters en ander verpleegpersoneel basiese dinge doen na ’n dag se werk as hulle tuiskom, om seker te maak hulle versprei nie die virus nie. Mense wat in hierdie tyd werk, kan dalk dieselfde prosedures volg.

Hyself trek sy skoene buite uit en trek dan al sy klere in die motorhuis uit. Vandaar gaan hy badkamer toe, waar hy stort. Dan groet hy eers sy familie.

Hy gaan haal dan sy klere wat hy aangehad het en was dit dadelik, waarna hy sy weer sy hande was en ontsmet om seker te maak daar is nie meer kieme op sy hande nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button