News

Koppiestraat se vleis word gerek

Die 31 inwoners van Koppiestraat, waarvan amper die helfte bejaard is, is tans almal gesond en in afsondering.

Die behuisingsprojek vir dakloses huisves 31 inwoners, 12 van hulle bejaard, en vier kinders onder die ouderdom van 10.

Volgens Koppiestraat bestuurder, me. Olga Smith, sonder die inwoners hulle in hul Wendy-huise af en word geen groepsaktiwiteite toegelaat nie.

Die polisie het Koppiestraat Donderdag, voor Vrydag se gedwonge 21 dae van die landwye grendelstaat begin het, besoek.
Gesamentlike etes in die eetsaal is summier gestop en alle inwoners eet in afsondering in hul Wendy-huisies.

Lees ook: Ondersteun haweloses wanneer jy kruideniers gaan koop

Die behuisingsprojek het Donderdag voor landwye afsondering ’n reuse terugslag gehad met ’n inbraak, waartydens die tuingereedskap en ander gereedskap gesteel is.

Me. Smith sê die skade beloop meer as R10 000.

Omdat die meerderheid inwoners afhanklik is van staatstoelae, word inwoners wel toegelaat om een vir een vir uitbetalings te gaan.

Maandag en Dinsdag is die staatspensioene vir bejaardes en toelae vir gestremdes uitbetaal by Sassa.
Woensdag is kinder- en pleegsorgtoelae uitbetaal.

’n Paar van die bejaardes word na die Sassa uitbetalingspunte aangery, omdat hulle sukkel om te loop.

Inwoners ontvang smorens pap, smiddae toebroodjies en saans steeds ’n gekookte bord kos.

Lees ook: Help needed for homeless in Middelburg

Slegs twee inwoners word gedurende maaltyd voorbereiding in die kombuis toegelaat.

Beperkings van twee inwoners per slag is ook ingestel op die gedeelde ablusiegeriewe.

Me. Smith sê die twee kokke wat vir aandete verantwoordelik is, met kreatiewe planne vorendag moet kom, om die beskikbare vleis in die vrieskaste te rek.
“Ons het genoeg kos vir die volgende week, maar daarna sal ons kostekorte ondervind, veral met vleis,” sê me. Smith.

Die inwoners is verder afhanklik van staatsorg in mediese gevalle.

Die meerderheid besoek die hospitaal en klinieke waar chroniese medikasie verkry moet word.
In ernstige gesondheidsgevalle sal die ambulansdienste ontbied word.

“Gelukkig is die inwoners tans almal gesond en werk mooi saam om hul afstand van mekaar te hou.”

Me. Smith sê dat inwoners soos boere wat kan help met vleis, haar kan skakel sodat sy skenkings kan gaan afhaal.
Sy kan bereik word by 076 522 2844.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button