News

Net voor die storm kom…

Theuns Jordaan se liedjie “Net voor die storm kom” is nogal van toepassing op gebeure die laaste paar dae...

Hoe, lankal praat ons, nie meer nie?
Stiltes, om ons, raak te veel
Beter, sal ek nooit weer kry nie.
Maar ek moet, nou sien dis verby.
Net voor die storm kom.
Sal ek groet en sê, ek draai nie om.
Met my hart maak ek my laaste wens.
Ek sien jou deur ’n gebreekte lens.
En ek groet jou voor die storm kom.
Voor die winde en die reën weer kom...

Toe die storm verby is en die stilte kom, het inwoners heelwat gehad om te doen: Soos blare ophark.

Een van hulle was sakeman Hans Duvenhage wat hom besig hou om sy tuin weer skoon te kry. Soos vele ander ondernemings het hy ongeveer R60 000 tot R70 000 skade aan die Midpark winkelsentrum nadat reuse hael op die dorp geval het.

Hans Duvenhage.

Raadslid Hennie Niemann is hard besig om die boek Ghost ship te probeer klaar lees.

Hennie Niemann.

Vernon Barnard, wat lank op die dorp gewoon het, sê hy en sy sanger seun, Venon, beplan om pa-en-seun kampe in die toekoms aan te bied. Hulle hele gesin is in die Strand bymekaar en maak familietyd. Daar word gereeld gebraai en Vernon (junior) is in sy ateljee besig om aan nuwe liedjies te werk.

Die twee Vernons maak familietyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button