News

Aptekers waarsku – moenie vir medisyne foefies val nie

Aptekers sê dat hulle oorval word deur inwoners wat die “snaaksste goed kom koop”, vermoedelik wat hulle op sosiale media raakgelees het, omdat hulle glo dat dit hulle teen die gevreesde Covid-19 virus sal beskerm.

Plaaslike aptekers is dit eens dat die aanvraag na malaria medisyne die hoogte ingeskiet het nadat daar uitsprake gemaak is dat dit effektief is teen Covid-19. Vitamienes vlieg ook van die rak af. Malaria medisyne is reeds uit voorraad by verskaffers. Vitamiene voorrade is ook baie laag.

Een apteker sê dat syself ’n breë-spektrum vitamienaanvulling gebruik, maar dat sy dit elke jaar gedurende die griep- en verkoueseisoen doen, omdat haar immuniteit hoog te hou, omdat sy met baie siek mense in kontak kom.

’n Ander apteker meen dat daar ook ’n aanvraag na medisyne is wat gewoonlik gebruik word om HIV te behandel, omdat een van die middels in die medisyne aangewend word om kritieke Covid-19 pasiënte te behandel. Nog ’n apteker het gewaarsku dat mense nie alles moet glo wat hulle lees nie, en liefs hul plaaslike apteker raadpleeg.

“Ons word heeltyd op hoogte gehou deur die Farmaseutiese Raad,” sê sy.

Die plaaslike aptekers wat met www.mobserver.co.za gepraat het, stem almal saam, goeie higiëne soos om jou hande gereeld te was en ’n goeie breëspektrum vitamienaanvulling is die beste voorsorgmaatreël wat getref kan word.

“As jy verkoue kry is jou immuniteitstelsel outomaties laer. So probeer om gesond te bly,” is hul raad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button