News

Munisipaliteit neem haweloses oor

’n Span van die Steve Tshwete Munisipaliteit en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die hawelose-projek, wat eers by die Kees Taljaard Stadion gehuisves is, Dinsdag oorgeneem.

Me. Rehana Pilodia (voorsitter, Gemeenskapspolisiëringsforum) het bevestig dat daar Dinsdag ’n vergadering was met die burgemeester, Bagudi Tolo, asook ander lede van die burgemeesterskomitee.

Die GPF het aanvanklik vir die groep van sowat 100 haweloses drie keer ’n dag kos gegee by die stadion. Hulle het ook die haweloses Donderdagaand met hul eie voertuie van die strate afgehaal en na die stadion geneem om verspreiding van die virus te voorkom.

’n Handjievol lede van die GPF het van Vrydag af kos ingesamel en drie keer ’n dag kos voorsien. Die kos is berei in die kombuis van die Bambanani Mediese Sentrum en die hulp van dr. Mohammed Siddique Tayob, sr. Yvette Erasmus en mnr. Hashim Tayob. Dr. Tayob het ook die haweloses van mediese hulp voorsien.

Teen Saterdag het die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gesê dat hulle die etes tot 1 April sal voorsien en die GPF het van hul skenkings bewerk en gevries. Hulle het dieselfde aand al die bederfbare kos vir die haweloses gegee.

Die departement het bakkievragte vol artikels op die veld uitgegooi, wat hulle beloof het sal na die haweloses toe gaan. Hierdie skenkings is daarna deur die brandweer na die munisipaliteit geneem, vanwaar dit aan die haweloses versprei sal word.

Weens die feit dat daar nie beheerde toegang by die stadion is nie, is die groep met die hulp van DA raadslid Damian Klopper, na ’n ander perseel geskuif. Talle ampsdraers, waaronder parlementslid Annerie Weber, mnr. Johan Matshiane (lid van die burgemeesterskomitee) en mnr. Andries Mabena (speaker) het die haweloses daar ontmoet.

Dinsdag is daar ’n dringende vergadering deur burgemeesterskomiteelede van die munisipaliteit met me. Pilodia en dr. Tayob belê.

Hiertydens is daar gesê dat die munisipaliteit verder self verantwoordelikheid vir die haweloses neem en dat die GPF nie meer kos mag maak by die Bambanani Sentrum nie.

Mnr. Hashim Tayob het gesê dat hy verstaan dat hulle hierdie maatreëls neem in hierdie krisistydperk en aangedui dat hul kombuis wel gesluit is. Hy het dit egter duidelik gestel dat hulle sal aangaan om die gemeenskap te dien in hierdie tyd van nood.

•Persone wat die haweloses steeds wil ondersteun, moet voortaan met direkteur Thokozile Zulu kontak maak by 083 259 3558.

•Me. Pilodia het gesê dat die skenking vir gereelde middagetes deur die Hande Vat Groei en Dien Uitreiksentrum (HVGD) steeds deur een van die GPF lede vir die haweloses afgelaai sal word.

•Sy en haar span gaan hulle nou toespits op die ander noodprojekte in ons dorp, soos Feed A Child en Mid Hartklop, asook voedingskemas, om minder gegoede gesinne, wat op hierdie stadium sukkel om kos te kry, te ondersteun. Kospakkies sal opgemaak word en afgelaai word vir gesinne.

Om hierdie projekte te onderstun, bel me. Pilodia by 082 415 8029.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button