News

Dis toe al die tyd Parys, nie Paris nie!

Daar is Parys en daar is Parys.

Daar is ook Belfast én Belfast!

’n Groep van ses mense wat by die Middelburg Hospitaal getoets is, het gesorg vir ’n groot gegiggel te midde al die erns rondom die Covid-19 pandemie.

Die groep is geïdentifiseer om getoets te word, omdat hul onlangse reisgeskiedenis ’n besoek aan Parys ingesluit het. Daar is eers later uitgevind dat hulle bedoel Parys in die Vrystaat en nie die dorp se spoggerige naamgenoot ‘Paris’ in Frankryk nie.

Daar is natuurlik ook Belfast in Ierland en Belfast op die Mpumalanga Hoëveld.

•’n Troppie boerbokke het op die eerste dag van die grendelstaat in die strate van Belfast (Mpumalanga) afgedraf. Inwoners het met ’n glimlag in die baard gebrom:

Kyk nou net, tipies halstarrige boerbok, hou nie die een meter afstand tussen hulle nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button