News

‘Jesus se soldaatjie’ tot in Kanada gehoor

“Ek is nie ’n stapsoldaatjie nie......maar ek is Jesus se soldaatjie, Ja meneer!” word nou wêreldwyd gehoor met die “Lofprysing in Lockdown” wat in Middelburg gebore is.

Werner Malan sê nie in sy wildste drome sou hy kon dink dat die hierdie idee, waar hy vir die “Here wou dankie sê”, na die uithoeke van die wêreld sou weerklink nie.

Die Covid-19 virus het sy idee vir ’n lofprysingsgeleentheid by Middelburg se Kees Taljaard Stadion gestop.

Maar dit het nou ’n besondere geleentheid geword, waar mense dwarsoor die wêreld kan inskakel en op hul beurt dit verder voer.

Een aand se halfuur van Christelike musiek wat hulle vanaf hul huis gespeel het, het oorgespoel na nog twee, DJ’s, Tiaan Lessing en Christo Coetzer.

Vandaar het dit net “ontplof”, want waar dit in die eerste Sondag van die grendelstaat net by een huis gespeel het, het dit na ander huise in ons dorp en selfs ander dorpe regoor die land en wêreld oorgespoel.

“Daar is mense van Steelpoort, die Kaap, Botswana, Mosambiek, die Verenigde Koninkryk, Nieu Seeland, Australië en selfs Kanada, wat daarvan gehoor het en dit ook in hulle dorpe speel en aanstuur.”

Lees ook: Met ‘Lofprysing in Lockdown’ weerklink Onse Vader oor dorp

Oral wil mense deel wees daarvan.

Mnr. Malan sê daar is reeds vyf WhatsApp groepe (sy vrou, Maryna hanteer die admin) en hulle het ook 3 500 lede op hul Facebookgroep wat elke aand die musiek volg.

Die “Lofprysing in Lockdown” werk as volg:

Weeksdae (Maandag tot Vrydag) luister almal saam en speel die musiek op presies dieselfde tyd vanaf 19:00-19:30 (’n aftel word gedoen). Saterdae en Sondae is dit vanaf 18:00-18:30. Daar word gevra dat mense die musiek buite met hoëtroustelle of deur hul voertuie se klankstelsel sal speel en ook sal saamsing, sodat hul bure dit kan hoor.

Die musiek word daagliks deur die drie DJ’s saamgestel en mense wat wil saamsing, sal bly wees om te hoor dat die lirieke nou ook daagliks saamgestuur word!

Van die mense het laat weet wat hul gunsteling liedjies is en is Sondae se saamluister ’n samestelling van die week se gunsteling liedjies. Elke aand begin met die “Onse Vader”, waarna Engelse en Afrikaanse liedjies, met selfs kinderliedjies tussenin, volg.

Persone wat op die “Lofprysing in Lockdown” WhatsApp-groep bygevoeg wil word, kan mnr. Malan of sy vrou WhatsApp by 073 463 5100 of 083 443 4660.

Mense kan ook deel word daarvan deur te gaan na hul Facebookblad.

Die Facebookskakel is: https://www.facebook.com/groups/2623881531220845/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button