News

Kyk: ‘Daar is ’n krokodil in my plaasdam!’

Jong krokodilletjies maak oral in die omgewing hul verskyning nadat meer as 100 op ’n plaas in Roossenekal ontsnap het.

Een van die inwoners in die omgewing sê dat hulle eers twee en ’n paar dae later ses krokodille in hul plaasdam opgemerk het. Van die omgewing se inwoners het gebieg dat hulle al van die reptiele doodgemaak het. Ander inwoners is opgewonde oor die moontlikheid dat nie al die ontsnapte krokodille opgespoor gaan word nie en hulle dalk in die Steelpoortrivier of De Hoopdam kan vestig.

’n Reptielkenner het gesê dat die Steelpoortrivier bokant die dam se water tans te koud is vir krokodille maar dat hulle sal beweeg na ’n meer gunstige habitat, soos die De Hoopdam, waar hul kanse op oorlewing beter is.

Die eienaar van die krokodille saam met provinsiale regerings amptenare probeer al vir ’n paar dae om al die ontsnapte reptiele op te spoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button