News

Maskers in Amerika gemaak

Die Vrouelandbou Unie is besig in die stryd dat die Covid-19 virus nie versprei nie, deur duisende maskers te maak.

Vroeg hierdie week het Cindy Coetzee (President, Mpumalanga Vrouelandbou Unie en Middelburger) gemeld dat die vroue net in die Kosmosstreek alleen al meer as 5 000 maskers gemaak het.

Die projek het op 23 Maart weggespring toe Marilize Jacobs (werknemer van die Middelburg Hospitaal) gepleit het dat hulle ’n tekort het aan maskers. Sy was bekommerd oor ouetehuise en dokterspraktyke en persone wat in hierdie tyd moet werk.

Haar vraag was eenvoudig: “Julle kan nie dalk ’n projek begin, dit kan selfs landwyd wees, om vir gesondheidswerkers maskers te maak nie? Dan kan ons dit versprei en elkeen kan sy eie was. Die weggooibares hou ons vir die pasiënte.”

VLU-lid, Yolandi Steenkamp, het die boodskap vir Cindy gestuur, wat dit weer op haar beurt aan die Mpumalanga VLU se uitvoerende bestuur gegee het. Vandaar is dit uitgestuur na al ses die streke se streekvoorsitters.

Isobel Geyser (Magrietjie tak, Middelburg) het toe reeds begin eksperimenteer om vir haar kinders, wat in George woon, te maak.
Alice de Beer (Kosmosstreekvoorsitter) het begin eksperimenteer met vileen en ook by dokters maskers gaan haal.

Die Carpe Diem streekvoorsitter, Debbie du Plessis, het dadelik ook haar lede gekontak en Elena Martens (Malieveldstreekvoorsitter) het ’n voorbeeld en patroon geplaas.

Alice het van die dokter se masker “die ware Jakob-patroon” (soos sy dit noem) gekry en op die groepe geplaas. Sy het in alle ywer weggespring saam met haar dogters en kleinkinders en begin maskers maak. Haar eerste 40 is by Groblersdal se ouetehuis afgegee.

Daar is ook by die Roberts Landgoed se groepies gevra watter vroue sal belangstel om te help, al is dit net met skenkings van materiaal en lap.

Tipies Middelburg gemeenskap het hul oral skenkings van materiaal en lint ontvang. Rek was aan die skaars kant, want die winkels is gesluit. Kantoorrekkies is ingespan, maar daar is ook net soveel van die regte grootte beskikbaar.

Nog ’n Middelburger, Alex Munro, het honderd maskers geskenk om uit te deel.

•Na ’n berig oor die maskers op die Observer se webtuiste, www.mobserver.co.za, het die projek behoorlik vlam gevat en het oorgespoel na al die ander provinsies. Cindy het die webtuiste skakel aan die SAVLU President, Tharina Rossel gestuur, wat dit met al die VLU-takke landwyd gedeel het.

•Tharina se dogter, Katinka Heyns, wat in Amerika bly, het van die VLU-projek gehoor en is fluks besig om maskers vir familie en vriende te maak. Hulle glo dit gaan van daar af ook uitkring.

•Daar is al by talle plekke in Middelburg en die streek maskers afgelaai, soos by die Life Midmed- en Middelburg Hospitaal, Die SAVF Tehuis vir Bejaardes, Vergeet-My-Nie-Aftree Oord, gastehuise, kankerpasiënte, dokters spreekkamers, kruidenierswinkels, apteke, veeartse en selfs die Rusoord op Belfast.

•Persone wat die projek wil ondersteun met die maak van maskers of skenk van materiaal of rek, kan Cindy bel of WhatsApp by 082 770 7747.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button