News

Elf van Maldives groep steeds in kwarantyn

Daar is nog Suid-Afrikaners van die Maldives in kwarantyn vasgevang!

Daar is die afgelope tyd berig oor die lot van vlieënier Rudolf Lubbe en ander Suid-Afrikaners, wat gespook het om van die eiland paradys terug by die huis te kom, weens die inperkingsperiode en die gepaardgaande verbod op internasionale vlugte.

Met finansiële bystand uit talle oorde en hulp van minstens vier verskillende lande, kon die groep uiteindelik op 11 April terugvlieg huistoe. Na hul aankoms in Suid-Afrika is die groep na ’n kwarantyn fasiliteit in Midrand geneem en getoets vir Covid-19. Drie dae later het mnr. Lubbe die goeie nuus gekry dat hy negatief getoets het en toegelaat sal word om na sy familie te reis.

Van die 40 wat getoets is, het 11 toetse onbeslis teruggekom. Dit beteken dat terwyl 29 lede van die groep kon huistoe gaan, 11 mense moes agterbly omdat hulle weer getoets moes word.
Een van die ongelukkiges, is Erlo Eksteen, seun van plaaslike dokter Deon Eksteen. Die jong mnr. Eksteen het soos mnr. Lubbe as vlieënier in Maldives gewerk.

Rindia Eksteen, Erlo se ma, sê dat sy baie ongelukkig is omdat haar kind nog nie by die huis is nie.
“Hy sit in ’n piepklein kamertjie met ’n televisie wat nie werk nie. Hy het nie ’n Suid-Afrikaanse dubbelprop nie, so sy selfoon en rekenaar is pap,” sê me. Eksteen. Sy sê dat hulle angstig wag vir die uitslae van die nuwe toetse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button