News

Voorraad geplunder na inbraak by Solidariteit Helpende Hand

Die Solidariteit Helpende Hand organisasie se voorraad is deur booswigte weggedra na 'n inbraak by hulle liefdadigheidswinkel.

Helpende Hand lid, Esti Coetzee, verduidelik dat die inbraak wat deur die week plaasgevind het, waarskynlik uitgevoer was deur iemand wat presies geweet het wat hulle doen.

Esti vertel dat die diewe iewers deur die dak ingebreek het, en die liefdadigheidswinkel gestroop het van tweede-handse voorraad soos hulle potte en panne, ‘n elektriese pan, borde, messe, vurke en bekers, hulle kamerastelsel, wintersklere en wintersbeddegoed.

Sy verduidelik dat Solidariteit Helpende Hand, as ‘n geregistreerde NPO, afhanklik is van skenkings.

Die organisasie bied verligting aan die gemeenskap, deur maatskaplikehulp, studiehulp, werkskeppings projekte en voedingsskemas te bestuur onder gesinne in nood.

Hulle is ook tans besig met ‘n voedingsskema wat verligting bring aan gesinne tydens die grendelstaat.

“Ons is afhanklik aan skenkings van die publiek, en die inkomste van die winkel finansier ons projekte onder die behoeftige gemeenskapslede. Daar is ook baie minderbevooregte lede van die publiek wie gebruik maak van die winkel om veral wintersklere aan te koop teen ‘n bekostigbare prys.” Vertel Esti.

Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen, vir skenkings van veral, wintersklere.

Enige iemand wie hulp kan verleen of skenkings kan maak van die goedere geroof, soos in die bogenoemde lys, kan vir Esti Coetzee kontak by 083 440 3811.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button