
Daar is natuurlik streng regulasies wat gevolg moet word ten opsigte van die Covid-19 pandemie.
• Alle bootpermitte en vis- en skipperslisensies moet gewys word met aankoms.
• Die hoeveelheid mense op die boot word bepaal volgens die bootlisensie.
• Alle gaste moet hul hande reinig en ’n masker dra voor hulle by die ontvangs ingaan.
• Siftingstoetse sal op hengelaars gedoen word, soos die neem van temperatuur en persoonlike besonderhede sal gevra word soos naam en van en kontakbesonderhede.
• Hengel word slegs toegelaat vanaf 07:00-18:00, waarna almal moet vertrek. Geen oorslaap word toegelaat nie.
• Gaste mag net die oord se winkel (08:00-11:00) gebruik, geen ander fasiliteite nie.
• Hengelaars wat nie van dieselfde groep is nie, moet ’n sosiale afstand van 20m hou van ander hengelaars.
• Kostes beloop R80 per persoon, R50 per voertuig en R60 per boot.
Vir enige navrae, bel die oord by 013 262 3075.
•Die Middelburg Observer publiseer ook hierdie week ’n lys van damme waar daar gehengel kan word.
