News

Nat Vrydag voorspel

Die weer wat inwoners laat kopkrap, bring wind, reën en hoë temperature

Die wispelturige weer waaraan inwoners nou al gewoond geraak het, gaan die Middelburg-omgewing vanaf môreoggend weer aan die keel gryp. Dit is darem nog nie nodig om weer die warmkomberse uit te haal nie, maar hou die sambrele gereed!

Daar wag beslis nog ’n koue dag, maar heerlike somertemperature gaan daarna aan die orde van die dag wees.

85%-kans op reën

Vrydag, 4 September, voorspel AccuWeather ’n maksimum van 23°, met oggendtemperature op 8°. Daar is ’n 85%-kans op reën, terwyl dit ook bewolk en winderig gaan wees.

Saterdag is ’n sonnige dag met temperature op 8° en 21°, maar dit gaan steeds winderig wees.
Sondag gaan dit bewolk wees met ’n 65%-kans op ’n donderstorm in die middag.
Dit gaan ’n onaangename 8° en 17° wees Maandag, met ’n reënbui in die oggend en die wind wat steeds pla.

Somer behoorlik terug

Dinsdag keer die somersweer terug met temperature van 12° en 24°.
Woensdag word 26° verwag en Donderdag is dit weer lekker sonnig op 25°.
Teen Vrydag is die somer behoorlik terug met temperature van 11° en 26°.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button