News

Inbrekers slaan toe op plaashuis

’n Bejaarde vrou ly steeds aan skok nadat sy vanmiddag tuis gekom het op die plaas en alles in haar huis omgekeer is.

Me. Johanna Wasserman (69) het huilend vir www.mobserver.co.za vertel dat sy haar huis in ’n totale chaos gevind het.

“Hulle het alles uitgegooi opsoek na geld. Hulle het ook my wapen gevat!”

Me. Wasserman, sekretaresse van die Banke Boerevereniging, bly op die plaas Immanuel, langs die Banke Boeresaal.

Sy het vanoggend omstreeks 10:00 op die plaas gery en was teen 12:00 tuis.

In hierdie tyd het die booswigte die badkamervenster oopforseer om toegang tot die huis te verkry.

Nadat hulle die hele huis deursoek het vir geld en wapens, het hulle met sleutels, wat hulle in die huis gekry het, by die agterdeur uit gevlug.

Me. Wasserman sê haar honde was baie senuweeagtig toe sy tuiskom, maar hulle is gelukkig nie beseer nie.

Sy weet op hierdie stadium nog nie of daar enige ander artikels in die huis gesteel is nie, aangesien sy nog vir die polisie gewag het.

*Riemtelegramme het die rondte gedoen dat dit ’n plaasaanval was, maar me. Wasserman sê die inbrekers was gelukkig reeds weg toe sy daar aankom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button