News
Poort steeds vol mielies na ongeluk
Motoriste word gemaan om versigtig te ry, omdat Kranspoort steeds vol mielies lê na ’n ongeluk gistermiddag in die poort.

Waarskuwing: Kras taal in video.
Kranspoort (N11) was vir etlike ure gesluit terwyl opruimingswerk gedoen is.
Op hierdie stadium is daar nie inligting beskikbaar oor hoe die ongeluk gebeur het nie. Verbygaande motoriste het net laat weet dat ’n Hilux bakkie en ’n trok in die ongeluk betrokke was. Die bakkie het op sy dak gelê en die trok het dwars in die poort gelê.

Volgens die polisie is niemand dood in die ongeluk nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
