News
Weghol trok ry voetganger dood
’n Weghol trok het gistermiddag ’n voetganger doodgery by die Spookspruitbrug op die ou Witbankpad.

Die ongeluk het kort voor 16:00 gebeur.
Dit blyk dat die trok van Middelburg se kant af beheer verloor en na regs buite beheer voortgespoed het. Die trok het sowat 100m verder in die veld op sy sy te lande gekom.
In die proses is ’n voetganger langs die pad doodgery.

Die swaar verkeer is slegs twee of drie keer gestop sodat die forensiese afdeling foto’s van die toneel kon neem en die trok uitgesleep kon word.
Die polisie, verkeer en brandweer was nog tot laat op die toneel besig met die ondersoek.
*Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
