Inperking vergete – vlaag ongelukke oor naweek
Daar was die naweek talle ernstige ongelukke in die Middelburg omgewing.

• Donderdag omstreeks 16:00 het ’n wegholtrok tussen voetgangers wat op ’n staalversperring langs die pad gesit het, ingeploeg naby die Spookspruitbrug op die ou Witbankpad. Een voetganger is doodgery en die ander een is ernstig beseer.
Lees ook: Weghol trok ry voetganger dood
• Omtrent dieselfde tyd, het ’n trok wat mielies vervoer het, in Kranspoort omgeslaan. In dieselfde ongeluk het ’n Hilux bakkie ook op sy dak beland.
Lees ook: Poort steeds vol mielies na ongeluk
• Vrydag in die vroeë oggendure het ’n trokdrywer op die toneel gesterf tydens ’n trompop botsing tussen twee trokke op die Bethalpad naby die Woestalleen Myn.

•Vrydag omstreeks 20:30 is mnr. Jaco Bothma ernstig beseer en het mnr. Gustav Lubcker en sy verloofde, Bianca Muller, ligte beserings opgedoen in ’n ongeluk op die Samora Machelstraatbrug langs die graansilo’s.
Lees ook: Een kritiek na ongeluk op brug by silo’s
• Saterdag omstreeks 15:10 was drie voertuie in ’n ongeluk betrokke in Mandela Rylaan, waar ’n mens afdraai na die munisipale stortingsterrein. Een persoon het ’n armbesering opgedoen.

