Meer Covid-19 pasiënte in isolasiesaal
Vyf positiewe Covid-19 gevalle is tot hede by Columbus Stainless bevestig, waarvan twee reeds ten volle herstel en terug by die werk is.

Volgens operasionele bestuurder, mnr. Johan Strydom, sterk die ander drie gevalle tuis aan en is niemand gehospitaliseer nie.
Twee van die bevestigde gevalle is met Covid-19 tydens bywoning van begrafnisse besmet.
Die een werknemer was by ’n begrafnis in Bloemfontein, terwyl die ander dit waarskynlik by ’n begrafnis in Nasaret opgedoen het.
Mnr. Strydom sê dat daar intussen nog geen nuwe gevalle aangemeld is nie.
Daar is ook aan www.mobserver.co.za bevestig dat die isolasie-eenheid van Life Midmed Hospitaal reeds pasiënte opgeneem het, met minstens een wat in die intensiewesorgeenheid van die Covid-19 isolasiesaal behandel word.
Twee pasiënte is ook Donderdag per ambulans uit Hlalamnandi hospitaal toe vervoer.
