News

Man jaag weg met prostituut

Die ark is weer oop!

Sedert die grendelstaat sy slotte afgehaal het, is dit weer wilde weste op die dorp.

Twee ernstigte ongelukke tussen vragmotors het die laaste twee aande plaasgevind, minstens vier mense het al hulle lewens verloor in motorongelukke, gesinsgeweld neem drasties toe en daar was al ’n moord.

Dit is nie al nie, die prostitute “werk weer” en die mans laai hulle op.

Een jong kliënt het hom misgis met die polisie én met sy vroulike metgesel. Tydens ’n jaagtog om weg te kom van die polisie af, het hy deur ’n palissadeheining in Proteastraat gejaag. Die nag het nog slegter geëindig, toe die prostituut sy selfoon gegryp en daarmee gevlug het.

Kaptein Khanysile Zwane het by navraag gesê dat net ’n klag van opsetlike saakbeskadiging na aanleiding van die voorval ondersoek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button