News

Vrou duisende rande kwyt na diewe se slimpraatjies

‘n Pensioenaris is oor die R120 000 kwyt nadat twee vroulike diewe haar met ‘n slapriem gevang het by die Middelburg Mall.

Mariksa Grobler was besig met inkopies, toe ‘n vrou haar in die winkelgange genader het, en gevra het vir raad oor die wasgoedpoeier. Terwyl hulle gesels het, het die vrou haar gevra of sy ‘n Sandile ken.

Mariska ken wel ‘n Sandile, en sy het vermoed dat die vrou ‘n vriendin van haar is. Sy het vir Mariska vertel sy werk in die winkel.

Voordat Mariska wou betaal vir haar inkopies, het die vrou vir haar gesê dat sy vir haar afslag kan reël, deur vir haar ‘n persioenariskaart te gee.

Mariska vertel sy is oor die algemeen baie paraat en bedag op misdaad, maar sy was talle kere al ‘n pensioenariskaart aangebied, en het besluit om maar vir een aansoek te doen.

Die vrou het haar na buite die winkel gelei, waar hulle gesit het by die bankies om te wag vir iemand om die kaart te bring.

Soos hulle gesels het, het die vrou haar gewaarsku om haar selfoon en ringe in haar handsak te bêre, sodat skelms dit nie by haar gryp nie. Sy het so gemaak, en intussen, het iemand haar handsak gegryp sonder dat sy dit eers besef het.

Mariska vertel toe sy weer sien, is die vroue weg met haar besittings. Haar handsak met haar drie ringe, tot die waarde van R90 000, asook haar selfoon en beursie met al haar dokumente, kaarte en kontant is gesteel.

Sy is na die winkel bestuurder toe, en ‘n vriendin is gekontak. Nog voor hulle die kaarte kon kanselleer, is daar onderskeidelik R3200 en R4000 uit haar besigheids- en persoonlike rekenings getrek.

Sy het naastenby R120 000 se skade gelei.

Mariska wil graag ander inwoners waarsku oor die insident, sodat ander nie in die selfde slagyster trap nie.

“Ek is baie oopkop en bewus van wat om my aangaan, maar my man is tans in die hospitaal en my aandag was seker afgetrek. Die dames het my so deurmekaar gepraat dat hulle weg is met my handsak sonder dat ek dit weet.”

Die Mall kon nie kommentaar lewer nie, aangesien die insident nie aan hulle gerapporteer is nie. Mnr Mike Tammadge, die sentrum bestuurder, het versoek dat besoekers aan die Mall sulke insidente asseblief moet rapporteer, en om bedag te wees op vreemdelinge.

‘n Saak is by die polisie aanhangig gemaak, en hulle hoop om foto’s van die vroue en hulle voertuig deur die Mall se kamerastelsel te bekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button