News

Kinders maak wawiele van blydskap toe skole open

Laerskool Middelburg is oop en van die kinders het van pure opgewondenheid sommer ’n paar wawiele op die speelgronde gemaak.

Die graad een juffrouens het soos “superhelde” gelyk om al die Koedoekoppies welkom te heet.

• Alhoewel die skool oop is, is die personeel en leerlinge só ingedeel dat hulle op verskillende dae skool toe kom om getalle te verminder om sosiale afstand tussen almal te verseker.

By die grondslagfase is elke graad in twee groepe ingedeel wat afwisselend skool toe gaan. Een week gaan groep A Maandae, Woensdae en Vrydae en die ander groep Dinsdae en Donderdae en die volgende week ruil hulle weer die dae.

Presies dieselfde geld vir die seniors. Hierdie week is graad vyf en sewe Maandag, Woensdag en Vrydag en graad vier en ses Dinsdag en Donderdag en volgende week ruil ook hulle om.

• Elke dag na skool word elke klaskamer ook ontsmet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button