News

Geen Covid-19 by Buco

Die takbestuurder by Buco in Middelburg sê dat daar nie tans ’n werknemer is wat positief getoets het vir Covid-19 nie en dat die gerugte wat versprei word bogstories is.

Dit nadat www.mobserver.co.za ’n anonieme oproep ontvang het van iemand wat beweer het dat ’n werknemer by Buco Maandag positief getoets het maar hulle eers Woensdag daarvan ingelig is.

Takbestuurder Hennie Lottering sê dat dit absolute snert is. ’n Werknemer is wel tans in selfisolasie nadat haar skoonma gister (Woensdag 1 Julie) positief getoets het vir Covid-19. Die werknemer sal eers weer kan terugkeer werk toe as haar Covid-19 toetsuitslae negatief is.

Die werknemer se isolasie is bloot die volg van veiligheids- en voorkomingsmaatreëls om die verspreiding van die siekte te bekamp, sê mnr. Lottering.

“As daar ooit ’n positiewe geval is sal ek dit dadelik openbaar maak,” beloof hy. Hy sê ook dat hulle reeds ’n ooreenkoms met ’n sanitasiemaatskappy het om op bystand te wees om dadelik die besigheid te ontsmet indien daar ’n Covid-19 geval is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button