News

HTS Middelburg leerling toets Covid-19 positief

HTS Middelburg het Woensdag ’n omsendbrief uitgestuur om ouers in kennis te stel dat een van hul leerlinge positief getoets het vir Covid-19.

In die brief sê die skoolhoof, mnr. Hoppie van Jaarsveldt, dat ’n ouer die skool Vrydag, 26 Junie, in kennis gestel het dat ’n graad 12 leerder in kontak was met iemand wat Covid-19 het. Die leerling is in isolasie geplaas en protokol wat vir skole uiteengesit is, is gevolg.

Lees ook: Homeschooling options are available on approval of Education Department

Woensdag 1 Julie het die ouer laat weet dat die leerling ook positief getoets het. Mnr. Van Jaarsveldt sê dat hulle nie die leerling se identiteit bekend maak nie, maar dat almal wat in kontak was reeds in kennis gestel is. Die Departement van Gesondheid is ook in kennis gestel.

Lees ook: Eastdene Combined School closed after clerk tests positive for Covid-19

Beheerliggaamvoorsitter Josef van Eden het die voorval bevestig en gesê dat alle protokol gevolg is en dat die skool aangaan soos voorgeskryf in die regulasies.
Mnr. Van Jaarsveldt kon nie vir kommentaar bereik word nie omdat hy besig was in ’n vergadering.

• Daar het vroeër die week ’n leerder by Laerskool Middelburg positief getoets nadat sy ’n roetine toets voor ’n ortodontiese operasie sou ondergaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button