Vrou met gebreekte voet desperaat vir antwoorde oor staatshospitaal se laksheid om te help
Sedertdien word sy feitlik daagliks na lang wagtye in geweldige pyn, weg gewys.

‘n Werklose me. Ciske Schwartz moes noodgedwonge ‘n privaatpraktisyn gaan sien om haar pyn te verlig nadat sy haar voet reeds ‘n week gelede op drie plekke gebreek het.
Sy het verlede Donderdag op haar woonstel se badkamertrap geval en haar voet op drie plekke gebreek.
Sy is dadelik na die Middelburg Hospitaal waar sy die volgende oggend omstreeks 02:00 ontslaan is met ‘n brief om die 30ste terug te keer vir ‘n konsultasie met ‘n ortopeet.
Sedertdien word sy feitlik daagliks na lang wagtye in geweldige pyn, weg gewys.
Tydens die laaste besoek is sy ingelig dat die dokter haar sou sien, maar is sy weer na ‘n gewag laat weet dat hy reeds huiswaarts is.
Daar word ook gereeld gevra vir dokkumentasie wat sy nie het nie, ten spyte van die verwysingsbrief na die ortopeet in haar besit.
Die hospitaal weier om haar eMalahleni toe te verwys waar daar wel staf-spesialiste beskikbaar is om haar te behandel.
Gips is so lomp om haar geswelde blou enkel en voet gepleister dat die privaatpraktisyn dit moes wegsny en oor doen.
Sy moes R1000 vir die dinste betaal.
“Ek soek net antwoorde oor waaneer ek behandeling kan ontvang, voor die probleem vererger,” pleit me. Schwartz.
Die hospitaal het navrae na die Gesondheidsdepartement verwys.
Mnr. Dumisani Malamule van die Gesondheidsdepartement het geantwoord dat hy dadelik navrae by die hospitaal oor die toedrag van sake te doen, sodat me. Shwartz die nodige behandeling ontvang.
