News
Geldwa by OK Grocer in Middelburg geroof
Sekuriteitswagte wat besig was om geld op te tel by OK Grocer in Jeppestraat Middelburg is vanoggend beroof.

Volgens ’n ooggetuie het ’n blou Volkswagen Polo Vivo in ’n parkeerplek voor die winkel ingery, naby waar ’n G4S geldwa gestaan het. Drie gewapende mans het die sekuriteitswag net voor 09:00 binne in die winkel by die deur oorval, die geldtrollie afgevat en gevlug.
Niemand is in die proses beseer nie.

Inwoners word gevra om op die uitkyk vir die VW Polo te wees. Die voertuig het moontlik voor en agter stampmerke en het laas toe dit gesien is ’n GP nommerplaat gehad. Die insittendes is gewapen.
OK Grocer se bestuur het gesê dat hulle hoop om teen 10:00 weer oop te wees vir besigheid.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
