News

Dit is ervare Neil teen twee jong losskakels

Die gewese Vrystater, Neil Marais, gaan poog om sy loopbaan nuwe skop te gee in die Pumatrui.

Marais is een van die nuwe losskakel aanwinste vir die Pumas.

Hy gaan om die nommer tien trui meeding teen die Tukkie, Fiela Boshoff en die jong Nelspruiter met die kanonvoet, Stephan van der Bank.
Wanneer jy in Bloemfontein gebore is en vir Grey en vir Shimlas uitgedraf het, is jy beslis ’n volbloed Vrystater.

Dit was daarom geen verrassing dat Marais die Vrystaat later verteenwoordig het voordat hy ’n draai by Griekwas gemaak het in 2014.
Hy het weer na sy ou provinsie teruggekeer, totdat hy in 2018 na Japan is om vir Yamaha Júbilo uit te draf.

Die slot Le Roux Roets wat vir die Haai in die Superreeks gespeel het is weer terug in die Laeveld.

Die Curriebekergroep is:

Loskoppe: Morgan Naude, Dewald Maritz, Stefan de Jager.

Hakers: Marko Janse van Rensburg, AJ Le Roux, HP van Schoor, Simon Westraadt.

Vaskoppe: Marne Coetzee, Wikus Groenewald, Ruan Kramer.

Nommer vier slotte: Tazz Fuzani, Pieter van Vuren, Le Roux Roets, Michael Benadie.

Nommer vyf slotte: Hugo Kloppers, Cameron Lindsay.

Ses flanke: Francois Kleinhans, Daniel Maartens.

Sewe flanke: Carel du Preez, Phumzile Maqondwana.

Agsteman: Willie Engelbrecht, Juandre Rudolph, Kwanda Dimaza.

Skrumskakels: Reynier van Rooyen, Gunter Smuts, Giovan Snyman.

Losskakels: Fiela Boshoff, Neil Marais, Stephan van der Bank.

Binnesenter: Ryan Nell, Ali Mgijima, Eduard Fouché.

Buitesenter: Neil Maritz, Alwayno Visagie, Wayne van der Bank.

Vleuels: Ruwellyn Isbell, Morné Joubert, Ettiene Taljaard, Luther Obi.

Heelagters: Devon Williams, Japie Kleinhans.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button