News

Mask? Must…en toe daag Paw Patrol op

Puma, is vanoggend deur die Suid-Afrikaanse Polisie gearresteer.

Die Middelburg Observer gelukbringer was besig om vir die treinwedloop te oefen, toe hy sonder masker deur ’n polisieman betrap is.
Na ’n kort jaagtog, is hy voor die koerant se deur vasgetrek.

“Your mask?” het die polisieman ontsteld gevra.

Daar was duidelik ’n kommunikasie probleem, want Puma het teruggekap met: “You must train”

Nadat daar vir Puma verduidelik is dat hy vir die treinwedloop mag oefen, maar nie sonder masker nie, was sy uitasem verskoning, dat daar nie groot genoeg maskers op die dorp beskikbaar is nie.

Oor die polisieradio het ’n bekende deuntjie skielik gespeel:

PAW Patrol, PAW Patrol
We’ll be there on the double
Whenever there’s a problem
Ryder and his team of pups
Will come and save the day…

Die vriendelike polisieman het ’n masker uitgehaal wat deur die Magrietjie VLU tak gemaak is en netjies om Puma se kop gepas.

Na ’n paar opstote het Puma soos blits die straat af gehol, terwyl hy sing:

So ry die trein..
So ry die trein…
Middelburg se trein…skryf innnn…

•Die jaarlikse treinwedloop gaan virtueel aangebied word, maar die inskrywings is tot dusver min. Die Middelburg Observer daag besighede uit om in te skryf.

Onthou die fondse gaan vir liefdadigheid. Besoek die webblad www.gtr2020 .co.za vir meer inligting hoe om in te skryf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button