News

Vyf dood na hul positief toets vir Covid-19

Middelburg se Covid-19 gevalle is drasties besig om te styg en het ons sterftesyfer ook begin klim.

Middelburg se Covid-19 gevalle is drasties besig om te styg en het ons sterftesyfer ook begin klim.

Dr. Redge van Rensburg het bevestig dat daar die afgelope sowat drie weke reeds vyf persone in die Life Midmed Hospitaal gesterf het na hul positief vir die virus getoets het.

Volgens sy kennis het die meeste van hulle onderliggende siektes soos hoë bloeddruk gehad en was ten minste twee van hulle bejaarde persone.

Oor die naweek het twee van die vyf pasiënte, wat positief vir die virus getoets het, in die hospitaal gesterf en vroeg hierdie week is die ander twee oorlede.

Dr. Van Rensburg het gemeld dat daar tans sowat 20 pasiënte, wat die virus onder lede het, in die Life Midmed Hospitaal behandel word.

Die Middelburg Observer het met een van die oorledenes se familie gepraat. Lees die volledige berig in die Vrydag uitgawe van die koerant.

  • Persone wat hulde wil bring aan ’n familielid wat aan die virus gesterf het, kan www.mobserver.co.za se bystandnommer bel by 072 248 3855.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button