News
Voertuie en boot verswelg in vlamme
Slegs stukke bakwerk het oorgebly van voertuie, ’n boot en ’n waterponie wat in ’n wegholbrand verwoes is.

Me. Elanie Pretorius is dankbaar vir al die boere wat hulle kom help het na ’n wegholbrand op Sterkstroomplaas.

Reuse vlamme het vanaf ’n buurplaas gekom en ’n trok se perd, ’n voertuig, boot, waterponie en buitebande aan die brand gesteek.
Die boere het met hul vuurspuite gekeer dat die brand nie na ’n stoor versprei nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
