News

Gewapende rowers op vrye voet

Boere en besighede naby die Loskop Damwal padblokkade, word gemaan om versigtig te wees, aangesien twee gewapende rowers gisteraand te voet in daardie omgewing weg gehardloop het vir die polisie.

Boere en besighede naby die Loskop Damwal padblokkade, word gemaan om versigtig te wees, aangesien twee gewapende rowers gisteraand te voet in daardie omgewing weggehardloop het vir die polisie.

Die booswigte het omstreeks 19:00 ’n voertuig geroof naby Doornkop op die Loskopdampad.

Omstreeks middernag het die rowers die padblokkade opgemerk, waarop hulle die geroofde voertuig net daar gelos, uitgespring en te voet gevlug het.

Daar is egter opgemerk dat ’n maroenkleurige, Opel Corsa, met nog drie insittendes, dadelik omdraai en wegjaag. Die polisie vermoed dat die Opel Corsa deel was van die roof.

Die polisie waarsku veral boere om nie die verdagtes te konfronteer nie, aangesien hulle gewapen is. Bel dadelik die Middelburg Polisie by 013 247 7346 as onraad vermoed word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button