News

Dief steel op sy tyd

’n Inbreker het nie eers geskrik vir ’n alarm nie en op sy tyd ’n rekenaar gesteel, voordat hy doodluiters weggestap het.

Me. Marina Brandon sê CCTV videomateriaal wys dat die booswig vanoggend omstreeks 03:00 die eerste keer by Brandon Ortopediese Dienste op die hoek van Beyers Naude- en Jeppestraat toegeslaan het. Hul besigheid en huis is op dieselfde perseel.

Hy het baie versigtig die rekenaarskerm deur die venster getrek, sodat die alarm nie afgaan nie.
Me. Brandon sê hy het die een houtvenster heeltemal uitgehaal vir die diefstal.

Een van hul buite-kameras het gewys dat hy daarna doodluiters in Jeppestraat afgestap het. “So asof hy in die omgewing bly.”

Die dief het op ’n stadium op die een kas gelê om die alarm-ogies te ontduik.

Kort voor 05:00 het die alarm afgegaan en wys die videomateriaal dat die inbreker op daardie tydstip deur die venster geklim en die res van die rekenaar gevat het.

“Hy het op sy tyd klaargemaak. Hy was nie eers bang vir die alarm nie.”

Me. Brandon was vol lof vir die blitsigte optrede van Titon Sekuriteit en Alarms, wat binne vier minute op die toneel was.

Mnr. Hans du Preez (Titon) stem saam dat die dief baie op sy gemak was. Hy vermoed ook dat die persoon moontlik in die omgewing kan bly, óf sy buit iewers gaan versteek het en toe teruggekeer het om die res van die rekenaar te steel.

Indien enige persoon die inbreker herken, bel mnr. Du Preez by 082 968 8333.

• Die rekenaar wat gesteel is, het rekords van kliënte, maar gelukkig is hierdie rekords ook gestoor op ander rekenaars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button