News

Gemeenskap hou gebedsuur vir Life Midmed

Die virus het skielik vlam gevat en soos hospitaal personeel siek raak en oorwerk is, was die gemeenskap gereed om saam te kom in gebed vir ons dokters en verpleegsters.

Daar is Sondag by Life Midmed gebid vir die vinnige herstel van pasiënte, en die beskerming van ons mediese werkers, nadat boodskappe op sosiale media gesirkuleer is dat gesondheidswerkers swaar kry as gevolg van die hoë infeksie getalle.

Die Life Midmed Covid-19 eenheid is vol, met oor die 45 pasiënte waarvan 15 in die intensiewe eenheid is. Verder is daar oor die 33 personeellede wat positief getoets het, en baie ander wat nog wag vir hulle toetsuitslae.

Hospitaalbestuurder by Life MidMed, mnr. Hennie Viljoen, het bevestig dat baie van hulle personeel siek is. Hy het verduidelik dat die personeel geensins betrokke is by die Covid-19 eenheid nie, en dat hulle vermoed dat die infeksies buite die werksplek plaasvind.

Ten spyte van die siek personeel, is alles onder beheer en mnr. Viljoen verseker dat die sale deeglik skoon gemaak word, en dat toegang streng beperk word.

Hy sê dat die personeel by die hospitaal die gemeenskap se ondersteuning waardeer. Daar is selfs ’n groep vroue wat geskenkpakkies saamstel vir die dokters en verpleegsters, om hulle te bedank.

“Ons wil ’n beroep doen op inwoners om sover moontlik by die huis te bly,” het mnr. Viljoen gesê.

“Verder is almal by Life Midmed nog positief, nie Covid-19 positief nie, maar wel positief.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button