News
Krokodil in De Hoopdam gesien
Hengelaars sal nou voortaan ekstra versigtig wees by die De Hoopdam wanneer hulle lyne natmaak nadat ’n video wat op Facebook gedeel is, wys hoe ’n krokodil in die water rondswem.

Mnr. Robert Botes sê hy het Sondagmiddag gaan hengel in die dam met sy kayak om te kyk of hy ’n swartbaar kan vang.

Hy sê dat hy die krokodil van sowat 1.5m van die kant af sien ingaan en hom vir vir bietjie meer as ’n uur gevolg het, totdat hy ’n duidelike video kon maak.

Hy het geen ander krokodille in die omgewing gesien nie.
• Dit is nie die eerste keer dat krokodille in die dam gesien word nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
