News

Agtjarige Barend sy ma se superheld

Barend Botha is mal oor superhelde, maar dié agtjarige seuntjie is sy ma se Spiderman-kind waarvoor sy alles in die lewe sal doen.

“Eendag sal hy sonder pyn wees, maar vir nou moet hy elke twee jaar ’n operasie ondergaan om hom te help,” vertel Barend se ma, Belinda Delport.
Hy is te vroeg gebore, het later ’n hartstilstand gehad het en ook bloeding op die brein opgedoen.

Barend was sy eerste twee jaar pal in die hospitaal en daar is gesê dat hy nie vyf jaar sal haal nie. Dié klein vegtertjie is egter al nege toe en het selfs al begin praat!
Hy ly onder andere aan outisme, gordreflux, epilepsie, ADHD en spina bifida en het al drie operasies ondergaan.

Me. Delport sê elke operasie beloop R50 000 en alhoewel dit in ’n provinsiale hospitaal in Bethal gedoen word, is dit die spesialisonkostes wat hulle moet dek. Tydens die operasies word die spiere in sy linkerbeen verleng.

As enkelouer van drie kinders, Barend het ook twee ouer sussies, gaan dit nie altyd maklik nie.

Omdat Barend 24 uur versorging nodig het, kan sy ook nie werk nie en bly me. Delport en haar kinders tans by familie in Middelburg.
Aan opgee het sy egter nog nooit gedink nie, want Barend is haar inspirasie.

“Al is hy van balans af en val baie, huil hy glad nie, lag net en staan weer op.”

Sy vertel dat hulle nog elke keer deur talle mense, soos die plaaslike motorfietsryers van The 424 Garage, gehelp is sodat Barend sy operasies kon ondergaan. Dié groep motorfietsryers het ook vir hom ’n rolstoel gekoop.

Barend moet so gou as moontlik weer ’n operasie ondergaan en enige persoon wat betrokke wil raak by die projekte of bydraes wil maak vir die Barend Botha Trustfonds, kan me. Delport bel by 072 199 5454.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button