News

Wees ’n superheld by virtuele wedloop

Of jy nou Superman of Mickey Muis wil wees, trek net jou snaakse pakkie aan en neem deel aan die “CR Cartoon Craze!” virtuele wedloop hierdie naweek!

Run & Walk For Life bied in samewerking met Laerskool Staatspresident C.R. Swart ’n virtuele pretwedloop aan vanaf 8-10 Augustus.
Al wat jy moet doen, is om tussen 8-10 Augustus een van die drie afstande, 3km, 5km of 8km, te draf.

Inskrywings beloop R20 (3km), R30 (5km) en R40 (8km). Deelnemers kan ook al drie afstande (R70) gedurende daardie naweek hardloop.

Laai jou tyd en afstand af deur ‘n skermgreep te maak van die Toep (App) wat jy gebruik het. Jy kan Toeps soos Strava, Runkeeper of Garmin gebruik.
Tye en afstande moet voor 11 Augustus, voor 12:00, opgelaai word om ’n medalje te kry.

Alle deelnemers sal ’n virtuele sertifikaat ontvang.

Persone wat nie ‘n Toep (App) het wat hul afstande en tye bepaal nie, kan met ’n voertuig die afstand gaan afmeet en dan met sy stophorlosie sy tyd vir die spesifieke afstand wat hy stap/draf aan die organiseerders deurgee.

Daar word staatgemaak op die integriteit van al die deelnemers om die regte tye en afstande te verskaf.

Die pret rondom die wedlope, is dat atlete enige strokieskarakter of superheld kan voorstel as hulle hardloop of stap. Neem net ’n foto voor jy wegspring en WhatsApp dit na 082 754 7274.

Die foto’s sal later op Facebook geplaas word, waar die wenner bepaal sal word deur die hoeveelheid “Likes”.

Inskrywings vir die wedloop word aanlyn gedoen by www.virtrace.com.

• Vir enige navrae, bel Tinus Jansen by 072 384 9443.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button