News

‘n Groot boom val – Dr Cecil Keys oorlede

Een van Middelburg se mees geliefde dokters is vroeg vanoggend oorlede. 

Dr. Cecil Keys is verlede week in die Kosmos Hospitaal opgeneem nadat hy by ‘n uroloog was en daar vasgestel is dat hy ‘n ernstige buikinfeksie en derm perforasie het.

Volgens inligting het hy verbetering getoon maar gister skielik begin verswak. Daar is gisteraand laat besluit om hom op’n ventilator te sit en dr. Keys is net na 02:00 vanoggend oorlede.

Dr. Keys het op 24 Julie positief getoets vir Covid-19. Hy en sy vrou, dr. Elmarie Meyer, was daarna vir tien dae in isolasie.

Daar sal in die volgende gedrukte uitgawe van die Middelburg Observer ‘n huldeblyk aan dr. Keys wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button