News

Twee vroue vermis, moontlik ontvoer

Twee jong vroue van Hendrina word sedert gisteraand vermis. Van die leidrade rondom hul verdwyning laat hul geliefdes vrees dat hulle moontlik ontvoer is.

Adele-Shante Nienaber (18) en Mariska Nicolene Brand (28) het 19:00 gisteraand (Vrydag 7 Augustus) gaan brood koop. Hulle is nie weer gesien nie.

Me. Brand is me. Nienaber se tannie en die twee vroue bly saam met die res van hul uitgebreide familie op een erf.

Mariska Nicolene Brand (28)

Lede van die soekgeselskap vrees dat hulle moontlik ontvoer is na ‘n reeks voorvalle die afgelope paar weke:

Me. Brand het ‘n paar weke gelede om hulp op die gemeenskapsradiogroep geroep nadat sy helder oordag by haar huis aangerand is deur ‘n onbekende persoon. Sy wou nie ‘n saak oopmaak nie.

‘n Paar dae later het sy weer om hulp op die radio geroep nadat daar verdagte persone in haar erf was. Daar is begin om gereeld patrollie verby die huis te ry en ‘n verdagte motor is al verskeie kere in die omgewing van waar me. Brand gebly het opgemerk.

Die polisie is ontbied en die familie is reeds vroeg in die oggendure polisiestasie toe om ‘n saak oop te maak. Hulle wag steeds vir ‘n saaknommer.

Marlie Wolmarans van Acsu Sekuriteit sê dat reaksie offisiere al die hele nag deur soek en selfs in die bosse langs die Klein Olifants Rivier gaan soek het toe ‘n leidraad hul soontoe gelei het.

Die vermisde vroue het laas met ‘n groen ouer model Uno kar met die registrasie nommer CMH 708 MP gery.

Me. Nienaber het ‘n blou sweetpakbaadjie met wit geskryf op aangehad toe sy laas gesien is. Dit is onduidelik wat me. Brand aangehad het.

Indien iemand die vroue gewaar of inligting rondom hul verdwyning het, word hulle versoek om vir Maureen Scheepers, 082 565 6770 of Marlie Wolmarans, 082 441 7421, of Corrie Wolmarans 082 338 4239 van die Hendrina GPF te bel.

Lees opvolg berigte hier:

Vermisde vroue in Middelburg opgespoor

Vermisde vroue in Middelburg teruggevind – polisie ondersoek moontlike ontvoering

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button